Sunday 31 March 2013

GOD IS MY STERKTE EN MY KRAG

Psalm 73:26  Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

Ek het gisteraand 'n gevoel van algehele moegheid ervaar, geestelik en liggaamlik.  Het jy ook al ervaar dat jy so moeg is dat jy net jou oë wil toemaak en nie weer wil oopmaak nie. Die tyd waarin ons nou leef vra baie van ons.  Finansiële verpligtinge wat partykeer nie nagekom kan word nie, eise wat jou gesinslewe aan jou stel, soms ook jou huwelik wat vra vir ekstra aandag en vir die wat werk 'n baas wat ook jou beste wil hê, vereis baie van ons geestelike en liggaamlike krag.  Dit is die tye wat ek my na God se Woord wend en vra "Jesus asseblief help, ek kan nie meer nie!"  En dan antwoord Hy soos in Psalm 73:26 toe Dawid ook so gevoel het, dat Hy, net soos vir Dawid, ook my Sterkte is al is ek afgetakel na liggaam en gees.  Ek behoort altyd aan Hom!  

Gebed : Dankie Here Jesus dat ek vir altyd aan U kan behoort en dat as my lewens beker leeg is ek dit kan kom vol skep uit u Lewende Water. Amen.


DIE DOOD IS OORWIN


Daar was 'n kruis, dit is leeg. Daar was 'n graf, dit is leeg. Daar was die dood, dit is oorwin.  Daar was lewe, nou is daar Ewige Lewe vir ons omdat Hy ons so liefhet!  'n Baie geseënde Paassondag omdat Jesus die dood en die Hel se magte oorwin het!

Gebed  :  Jesus dankie dat U die dood oorwin het en daardeur vir my 'n ewige lewe verseker het in U koningkryk.  Amen.

Saturday 30 March 2013

SONSONDERGANG

Ek het vanaand die pragtigste sonsondergang beleef en toe het dit by my opgekom dat ek graag sal wil hê dat my sonsondergang ook eendag so moet wees. Mense moet die einde van my lewe sien
as 'n kleurvolle sonsondergang.  En daarom sal ek elke dag moet leef met kleur in my lewe.  Kleur wat moet deurvloei na my verhouding met my man, my gesin, my familie, my vriende en almal met wie ek op 'n daagliks basis in aanraking kom.  En die bron van die kleure wat ek uitstraal moet my Hemelse vader wees.  Want sonder Hom in my lewe sal ek net 'n vaal doellose bestaan voer.

Gebed  :   Dierbare Vader wees asseblief die reënboog in my lewe dat my lewe ook 'n feesviering van U genade kan wees soos die sonsondergang wat ek vandag gesien het.






Friday 29 March 2013

JESUS SE TESTAMENT



My Gees gee Ek aan My Vader; My Liggaam aan Josef van Arimatea;
My klere aan die soldate by die kruis; My moeder gee Ek aan My dissipel Johannes.
Maar aan My volgelinge laat Ek My vrede & Ewige Lewe na! Geniet Paasfees want jy is ñ 
mede Erfgenaam van JESUS!. XX








Thursday 28 March 2013

WERKLIKE REDE VIR PAASFEES

Ons moet nie vergeet waaroor paasnaweek werklik gaan nie.  Dit gaan nie oor paaseiers en paashase nie.  Goeie Vrydag is die dag wat Christene wêreldwyd die dag herdenk waarop Christus gekruisig is vir die sonde van die wêreld.  Dankie Jesus dat U my so liefhet dat u vir my gesterf het!