Sunday 31 March 2013

GOD IS MY STERKTE EN MY KRAG

Psalm 73:26  Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

Ek het gisteraand 'n gevoel van algehele moegheid ervaar, geestelik en liggaamlik.  Het jy ook al ervaar dat jy so moeg is dat jy net jou oë wil toemaak en nie weer wil oopmaak nie. Die tyd waarin ons nou leef vra baie van ons.  Finansiële verpligtinge wat partykeer nie nagekom kan word nie, eise wat jou gesinslewe aan jou stel, soms ook jou huwelik wat vra vir ekstra aandag en vir die wat werk 'n baas wat ook jou beste wil hê, vereis baie van ons geestelike en liggaamlike krag.  Dit is die tye wat ek my na God se Woord wend en vra "Jesus asseblief help, ek kan nie meer nie!"  En dan antwoord Hy soos in Psalm 73:26 toe Dawid ook so gevoel het, dat Hy, net soos vir Dawid, ook my Sterkte is al is ek afgetakel na liggaam en gees.  Ek behoort altyd aan Hom!  

Gebed : Dankie Here Jesus dat ek vir altyd aan U kan behoort en dat as my lewens beker leeg is ek dit kan kom vol skep uit u Lewende Water. Amen.


No comments:

Post a Comment